Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika is een van die drie Susterkerke in Suid-Afrika. Dit was voorheen die staatskerk van die destydse Zuid-Afrikaansche Republiek. Dit is 'n Reformatoriese kerk in die Calvinistiese tradisie en werk tradisioneel veral onder Afrikaners.