Neill Blomkamp | |
![]() | |
Neill Blomkamp in 2009
| |
Geboorte | 17 September 1979 Johannesburg |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Rolprentregisseur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Neill Blomkamp (1979-) is ’n Suid-Afrikaanse rolprentregisseur wat as agttienjarige na Kanada emigreer het. In Hollywood is hy verantwoordelik vir spesiale effekte en word hy 'n regisseur en draaiboekskrywer. Hy is veral bekend vir die wetenskapfiksie-lokettreffer District 9 (2009), ’n aanpassing van sy voorafgaande kortprent Alive in Joburg (2006), en vir die wetenskapfiksie-aksieriller Elysium (2013).[1]
Time het hom as een van die 100 mees invloedryke mense van 2009 aangewys.[2] Forbes-tydskrif het hom as die 21ste beroemdste persoon uit Afrika gelys.