Mbombela Mbombela Nelspruit | |
---|---|
Stad | |
'n Uitsig oor Mbombela se middestad | |
Byname: eNaspoti, Citrus City, Gateway to the Lowveld | |
Leuse(s): City of Excellence | |
Koördinate: 25°27′57″S 30°59′07″O / 25.46583°S 30.98528°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Ehlanzeni |
Munisipaliteit | Mbombela |
Stigting | 1905 |
Oppervlak | |
• Totaal | 72,63 km2 (28,04 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 58 672 |
• Digtheid | 808/km2 (2 090/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 49,3% |
• Indiërs/Asiërs | 4,9% |
• Bruin mense | 4,1% |
• Swart mense | 41,1% |
• Ander | 0,6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 40,7% |
• Engels | 22,4% |
• Swazi | 20,2% |
• Tsonga | 4,7% |
• Ander | 12,1% |
Poskode (strate) | 1200 |
Poskode (posbusse) | 1200 |
Skakelkode | 013 |
Webwerf | mbombela.gov.za |
Mbombela (voormalig Nelspruit) is die hoofstad en die grootste stad van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die stad is die sentrum van 'n landbougebied wat onder meer op subtropiese en sitrusvrugte steun. Nelspruit-sentraal het sowat 630 inwoners,[2] terwyl die voorstede en die Swart woonbuurte Kanyamazane, Msogwaba, Mpakeni en Matsulu 'n gesamentlike inwonertal van meer as 200 000 het. Nelspruit is aan die Krokodilrivier, sowat 110 km wes van Mosambiek, 330 km oos van Johannesburg en 82 km noord van eSwatini geleë.
Mbombela is 'n pragtige stad, omring deur heuwels, en sy strate word deur flambojantbome gesoom. Benewens die hitte staan Nelspruit bekend vir sy dodekaeder, 'n twaalfkantige watertoring op 'n hoë koppie in die Steiltes-woonbuurt. Die "bal" van die toring was tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 soos 'n sokkerbal gedrapeer. Direk noord van die stad is die Laeveld- Botaniese Tuin weerskante van die Krokodilrivier geleë. 'n Groot versameling inheemse plante, insluitend broodbome en 'n kunsmatige reënwoud, kan hier besigtig word.
Die dorp is in 1905 gestig, en is genoem na drie broers Nel wat vroeë inwoners van die dorp was. Nelspruit het vir lank in die skadu van Barberton gestaan, maar is vandag 'n lewendige, vooruitstrewende stad, heelwat groter as Barberton.
Die Sudwalagrotte is ongeveer 35 km noordwes van Nelspruit in die Mankelekele-heuwels geleë.