Nena | |
---|---|
Nena during Münchner Sommernachtstraum (2013) | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Gabriele Susanne Kerner |
Gebore | 24 Maart 1960 Hagen, Duitsland |
Genres | Pop, synthpop, Neue Deutsche Welle, new wave |
Beroep(e) | Musikant, sangeres-liriekeskryfster |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1981–1987 (group) 1987–present (solo) |
Etikette | CBS/Columbia Records, Warner Music |
Assosiasies | Carlo Karges Uwe Fahrenkrog-Petersen Jürgen Dehmel Rolf Brendel |
Nena (* 24 Maart 1960 as Gabriele Susanne Kerner in Hagen, Noordryn-Wesfale, Wes-Duitsland) is 'n Duitse sangeres en aktrise. Sy het in 1984 beroemdheid verwerf met haar Nuwe Duitse Golf-treffer "99 Lufballons", in Engels heropgeneem as "99 Red Balloons". "Nena" was ook die naam van die musiekgroep waarmee sy die snit vrygestel het. Met die heropname en gevolglike vrystelling van haar ouer snitte het haar loopbaan in 2002 'n heroplewing beleef. In 2007 was sy 'n medestigter van die skool "Neue Schule Hamburg".