Die Neo-Victoriaanse beweging behels estetika wat dié van die Victoriaanse en Edwardse skoonheid met moderne beginsels en tegnologie saamsmelt. 'n Groot aantal tydskrifte en webruimtes is toegewy aan die Neo-Victoriaanse skeppings in kleredrag, gesinslewe, binnehuisversiering, waardes en ander onderwerpe.
In 2007 het die Exeter Universiteit hierdie verskynsel by 'n groot internasionale konferensie, genaamd Neo-Victorianism: The Politics and Aesthetics of Appropriation Geargiveer 3 Oktober 2013 op Wayback Machine, ondersoek. Akademiese navorsing sluit Neo-Victorianism: The Victorians in the Twenty-First Century, 1999–2009 in.[1]