Netelboom | |
---|---|
![]() | |
Chinese Netelboom (Celtis sinensis) | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Cannabaceae |
Genus: | Celtis L. |
Spesies | |
| |
Sinonieme | |
|
Netelboom (Celtis) is 'n genus van sestig tot sewentig spesies bome in die familie Cannabaceae. Die bome word meestal 10–25 m hoog, maar in uitsonderlike gevalle tot 40 m hoog. Vroeër is die genus onder die Olm-familie (Ulmaceae), of in 'n eie familie Celtidaceae, ingedeel. In die APG II-stelsel (2003) word die genus onder die familie Cannabaceae geplaas.
Die blare is verspreid, hulle is 3–15 cm lank, het 'n lang punt en is reëlmatig getand. Die vrug het 'n klein steenvrug met 'n deursnee van 0,6–10 cm. By baie spesies is die vrug eetbaar; dit proe droog maar soet, baie soos 'n dadel. Verskillende spesies word as sierbome aangeplant omdat hulle bestand is teen droogte.