Neutron | ||
Die kwarksamestelling van ’n neutron: een opkwark (u) en twee afkwarke (d). Die kwarke van die neutron word bymekaargehou deur die sterk kernkrag, wat bewerkstellig word deur gluone.[1] | ||
Klassifikasie | Barion | |
Samestelling | 1 opkwark, 2 afkwarke | |
Statistiek | Fermionies | |
Groep | Hadron | |
Wisselwerking | Swaartekrag, swak, sterk, elektromagneties | |
Simbool | n, n0, N0 | |
Antideeltjie | Antineutron | |
Geteoretiseer | Ernest Rutherford[2] (1920) | |
Ontdek | James Chadwick[3] (1932) | |
Massa | =1,674927471(21)×10−27 kg[4] 939,5654133(58) MeV/c2[4] 1,00866491588(49) u[4] | |
Gem. leeftyd | 881,5(15) s (vry) | |
Elektriese lading | 0 e (−2±8)×10−22 e (eksperimentele limiete)[5] | |
Dipoolmoment | < 2,9×10−26 e⋅cm (eksperimentele boonste limiet) | |
Elektriese polariseerbaarheid | 1,16(15)×10−3 fm3 | |
Magnetiese moment | −0,96623650(23)×10−26 J·T−1[4] −1,04187563(25)×10−3 μB[4] −1,91304273(45) μN[4] | |
Magnetiese polariseerbaarheid | 3,7(20)×10−4 fm3 | |
Spin | 12 | |
Swak isospin | −12 | |
Pariteit | +1 |
In fisika is die neutron 'n subatomiese deeltjie met geen netto elektriese lading nie en 'n massa van 939,573 eV/c2, wat dit effens swaarder as 'n proton maak. Sy spin is ½. Sy antideeltjie word die antineutron genoem. Die neutron en proton is albei voorbeelde van 'n nukleon.
Die kern van alle atome op een na bestaan uit een of meer protone en een of meer neutrone. Neutrone is nodig vir die stabiliteit van kerns. Die enigste uitsondering is die mees voorkomende isotoop van waterstof, waarvan die kern uit een enkele proton bestaan.