New York Modeweek (Engels: New York Fashion Week), wat in Februarie en September van elke jaar gehou word, is 'n halfjaarlikse reeks geleenthede (wat gewoonlik 7–9 dae lank is) wanneer internasionale mode-versamelings aan kopers, die pers en die breë publiek vertoon word. Dit is een van die vier grootste Modeweke ter wêreld, gesamentlik bekend as die "Groot 4", saam met die in Parys, Londen, en Milan.[1][2] Die Council of Fashion Designers of America (CFDA) het die moderne idee van 'n gesentraliseerde "New York Modeweek" in 1993 geskep, hoewel stede soos Londen in die 1980's reeds hul naam van die stad in samewerking met die woorde modeweek gebruik het. NYFW is gebaseer op 'n ouer reeks geleenthede genaamd "Press Week", wat in 1943 gestig is.[3]
Produsente van die New York Modeweek sluit in IMG, The SOCIETY Fashion Week, FTL Moda in samewerking met Fashion Week Online, Style 360, Art Hearts Fashion, Style Fashion Week, en ASC Fashion week onder andere.[4][5]
'n Gesentraliseerde kalender van stadswye geleenthede (insluitend diegene verbonde aan WME/IMG) word gehou deur die CFDA,[6] en is van die kalenderstigter Ruth Finley verkry.[7]
Die ekonomiese impak van die New York Modeweek word op VS$ 887 miljoen geraam.[8]
<ref>
tag; no text was provided for refs named Bradford
<ref>
tag; no text was provided for refs named ffm
<ref>
tag; no text was provided for refs named newyorkfashionweeklive.com
<ref>
tag; no text was provided for refs named huffingtonpost
<ref>
tag; no text was provided for refs named mbfashionweek
<ref>
tag; no text was provided for refs named cfda
<ref>
tag; no text was provided for refs named fashionweekdaily
<ref>
tag; no text was provided for refs named cfda2