Ngqura-hawe | ||
Land | Suid-Afrika | |
Ligging | Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit | |
Besonderhede | ||
Soort hawe | Kunsmatig | |
Ingewy | 2009 (kommersieel) 2012 (amptelik) | |
Bestuur deur | Transnet | |
Statistiek | ||
Houers p.j. | Ontwerp vir 2 miljoen TEU's | |
Webtuiste | Transnet |
Die Ngqura-hawe is ’n diepwaterhawe aan die ooskus van Suid-Afrika, 20 km noordoos van Gqeberha (voorheen Port Elizabeth). Konstruksiewerk het in September 2002 ’n aanvang geneem en werksaamhede het in Oktober 2009 begin toe die MSC Catania die eerste handelskip was wat die hawe aandoen.[1][2]