Niavaran-paleiskompleks



Niavaran-paleiskompleks

Niavaran, Teheran
Vlag van Iran Iran


Voltooi in

1968, heropen as museum in 2000


Tipe

Historiese en kulturele museum


Historiese betekenis


Hoofresidensie van
die laaste sjah van Iran

Die Niavaran-paleiskompleks (Persies: کاخ نیاوران) is 'n historiese parkterrein in die noordooste van die Iranse hoofstad Teheran met 'n oppervlakte van elf hektaar. Die huidige paleiskompleks het sy oorsprong in 'n tuin wat deur 'n vroeëre heerser, Naser al-Din Shah, in die 19de eeu as somerwoning gebruik is.

Meer as twintig geboue en 'n museum is tans op die terrein geleë, waaronder die Niavaran-paleiswoning wat volgens 'n ontwerp van die Iranse argitek Mohsen Foroughi ontstaan het en in 1968 as hoofresidensie vir die laaste sjah van Iran, Mohammad Reza Pahlavi, en die keiserlike gesin voltooi is. Die Pahlavi's het hier tot die Iranse Rewolusie in 1979 gewoon. Vyf kilometer wes van Niavaran is 'n ander paleiskompleks geleë, Saadabad.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne