Nicole Kidman

Nicole Kidman
By die 2001 Cannes Filmfees
By die 2001 Cannes Filmfees

Geboortenaam Nicole Mary Kidman
Geboorte 20 Junie 1967 (1967-06-20) (57 jaar oud)
Honolulu, Hawaii, Verenigde State
Nasionaliteit Australies
Beroep(e) Aktrise, sanger, model
Aktiewe jare 1983-nou
Rolprente Moulin Rouge, Australia, The Golden Compass
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Nicole Mary Kidman (20 Junie 1967) is 'n Australiese en Amerikaanse aktrise, sangeres, rolprentvervaardiger en model. Na sy in 'n verskeidenheid klein Australiese flieks en televisiereekse verskyn, was Kidman se deurbraak haar rol in die 1989 riller Dead Calm. Na verskeie flieks in die vroeë 1990's het sy wêreldwye erkenning gekry vir haar optredes in Days of Thunder (1990), Far and Away (1992) en Batman Forever (1995). Kidman volg dit op met ander suksesvolle flieks in die laat 1990's. Dit was met haar optrede in die musiekfilm, Moulin Rouge (2001), wat Kidman haar tweede Golden Globe Award verdien het en haar eerste "Academy Award" nominasie vir Beste Aktrise. Vir haar vertolking van Virginia Woolf die jaar daarop in die dramaprent The Hours (2002) ontvang Kidman kritiese erkenning en ontvang die Academy Award vir Beste Aktrise.

Nicole Kidman by die Cannes Filmfees in 2013

Kidman se ander suksesvolle flieks sluit in Cold Mountain (2003), The Interpreter (2005), Happy Feet (2006) en Australia (2008). Vir haar spel in 2010 se Rabbit Hole, wat sy ook vervaardig het, verdien Kidman verdere toekennings en 'n daaropvolgende Academy Award nominasie vir Beste Aktrise. Kidman was 'n Goeiewil-ambassadeur vir UNICEF sedert 1994 en vir UNIFEM sedert 2006. Kidman se werk het haar 'n ster op die Hollywood Walk of Fame verdien, drie Golden Globe-toekennings, een BAFTA en 'n Academy Award. Kidman ontvang die titel van Metgesel van die Orde van Australië, Australië se hoogste siviele eer, en was ook die hoogsbetaalde aktrise in die rolprentbedryf. Weens haar Australiese ouers en geboorte in Hawaii, het Kidman dubbele burgerskap van Australië en die Verenigde State.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne