Kenteken van die Nieu-Seelandse nasionale krieketspan | |||||||||||||||||
Bynaam | Black Caps, Kiwis | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Konferensie | Nieu-Seeland Krieket (NZC) | ||||||||||||||||
Personeel | |||||||||||||||||
Toetskaptein | Tom Latham | ||||||||||||||||
EDI-kaptein | Mitchell Santner | ||||||||||||||||
T20I-kaptein | Mitchell Santner | ||||||||||||||||
Afrigter | Gary Stead | ||||||||||||||||
Geskiedenis | |||||||||||||||||
Toetsstatus verkry | 1930 | ||||||||||||||||
Internasionale Krieketraad (IKR) | |||||||||||||||||
IKR-status | Volle lid (1926) | ||||||||||||||||
IKR-streek | Oos-Asië-Oseanië | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
Toetswedstryde (Toetse) | |||||||||||||||||
Eerste toets | t Engeland op Lancasterpark, Christchurch; 10–13 Januarie 1930 | ||||||||||||||||
Laaste toets | t Engeland op Seddonpark, Hamilton; 14–17 Desember 2024 | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
Wêreldtoets- kampioenskappe | 3/3 (eerste in 2019–2021) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | Kampioen (in 2019–2021) | ||||||||||||||||
Internasionale eendagwedstryde (EDIs) | |||||||||||||||||
Eerste EDI | t Pakistan op Lancasterpark, Christchurch; 11 Februarie 1973 | ||||||||||||||||
Laaste EDI | t Sri Lanka op Edenpark, Auckland; 11 Januarie 2025 | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
Krieketwêreldbeker-verskynings | 13/13 (eerste in 1975) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | Naaswenner (in 2015 en 2019) | ||||||||||||||||
Kampioenetrofee-verskynings | 8/8 (eerste in 1998) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | Kampioen (in 2000) | ||||||||||||||||
Twintig20s (T20Is) | |||||||||||||||||
Eerste T20I | t Australië op Edenpark, Auckland; 17 Februarie 2005 | ||||||||||||||||
Laaste T20I | t Sri Lanka op Saxton-ovaal, Nelson; 2 Januarie 2025 | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
T20I-wêreldbeker-verskynings | 9/9 (eerste in 2007) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | Naaswenner (in 2021) | ||||||||||||||||
|
Die Nieu-Seelandse nasionale krieketspan (Engels: New Zealand national cricket team), met die byname Black Caps (“swart pette”) of Kiwis, is die nasionale krieketspan wat Nieu-Seeland in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Nieu-Seeland Krieket (NZC, van Engels: New Zealand Cricket) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Hulle het hul eerste toets in 1930 teen Engeland in Christchurch, Nieu-Seeland, gespeel en daarmee die wêreld se vyfde toetsland geword. Die span kon eers in die 1955/56-seisoen ’n toets wen, teen Wes-Indië op Edenpark in Auckland.[11] Hulle het hul eerste internasionale eendagwedstryd in die 1972/73-seisoen teen Pakistan in Christchurch gewen. Nieu-Seeland is tans (Januarie 2025) vyfde op die IKR-toetsranglys, vyfde op die eendagranglys en vyfde op die Twintig20-wêreldranglys.[12][13][14]
Nieu-Seeland het tot dusver twee keer as medegasheer van ’n krieketwêreldbekertoernooi opgetree (in 1992 en 2015), in albei gevalle saam met Australië. Al is Nieu-Seeland telkens een van die gunstelingspanne om beide die krieketwêreldbeker en die T20I-wêreldbeker te verower, het dié eer hulle nog nie te beurt geval nie. Hul beste prestasie tot dusver is die eindstryd, wat die Black Caps twee keer gehaal het (in 2015 en 2019), maar hulle is deur onderskeidelik Australië en Engeland in die eindstryd verslaan. Nieu-Seeland het Suid-Afrika in die halfeindstryd van die Krieketwêreldbeker 2015 verslaan, hul eerste oorwinning in ’n wêreldbekerhalfeindstryd en sodoende vir die eerste keer in ’n wêreldbekereindstryd verskyn, maar uiteindelik teen hul trans-Tasmanse teenstanders Australië verloor.[15] In die volgende krieketwêreldbekertoernooi in 2019 het Nieu-Seeland weer die eindstryd gehaal, maar naelskraap teen Engeland volgens aangetekende grenshoue verloor, nadat beide die wedstryd en die volgende superboulbeurt gelykop geëindig het.[16][17][18][19] Twee voormalige Nieu-Seelandse spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.[20]
Nieu-Seeland het tydens die Kampioenetrofee 2000 (destyds die Uitkloptrofee genoem) sy eerste internasionale titel ingepalm. In 2021 het die Blacks Caps in die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap Indië met agt paaltjies verslaan en sodoende hul tweede IKR-titel gewen. Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 het Nieu-Seeland vir die eerste keer die eindstryd gehaal, maar hulle is deur Australië met agt paaltjies verslaan.