Nigerse staatsgreep van 2023

Op 26 Julie 2023 het soldate van Niger se presidensiële wag president Mohamed Bazoum aangehou, terwyl 'n ander groep soldate sy omverwerping aangekondig het.[1] Die land se grense is gesluit, staatsinstellings opgeskort en 'n aandklokreël afgekondig, terwyl die stigting van 'n junta aangekondig is.[2] Presidensiële wag bevelvoerder-generaal Abdourahamane Tchiani het homself as die leier van 'n nuwe militêre van die Nasionale Raad vir die Beskerming van die Tuisland verklaar.[3][4][5]

Dit is die vyfde militêre staatsgreep sedert die land onafhanklikheid verkry het in 1960. Die staatsgreep is wyd veroordeel deur die internasionale gemeenskap en deur die Wes-Afrikaanse streekblok die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-state ECOWAS, wat militêre ingryping in die land oorweeg,[6] wat gelei het tot die Nigerse-krisis in 2023.

Op 6 Augustus is 57 000 soldate onder die junta gereken en 245 000 aan die ECOWAS-kant, terwyl Frankryk geweier het om in te gryp.[7]

Op 10 Augustus 2023 het ECOWAS besluit om die opsie van militêre ingryping in Niger gestand te doen. Sodoende word die weg gebaan vir die mobilisering van 'n mag wat hoofsaaklik uit Nigeriese en Senegalese troepe saamgestel moet word.[8]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named mm
  2. "Niger : ce que l'on sait de la tentative de coup d'Etat en cours contre le président Mohamed Bazoum" [Niger: what we know about the ongoing coup attempt against President Mohamed Bazoum]. Franceinfo (in Frans). 26 Julie 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2023. Besoek op 26 Julie 2023.
  3. "Niger : ce que l'on sait de la tentative de coup d'Etat en cours contre le président Mohamed Bazoum" [Niger: what we know about the ongoing coup attempt against President Mohamed Bazoum]. Franceinfo (in Frans). 26 Julie 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2023. Besoek op 26 Julie 2023.
  4. "Niger soldiers declare coup on national TV". BBC News (in Engels (VK)). 26 Julie 2023. Besoek op 28 Julie 2023.
  5. "Niger's president 'held by guards' in apparent coup attempt". www.aljazeera.com (in Engels). Besoek op 28 Julie 2023.
  6. "ANALYSIS | Is ECOWAS set to take on Niger militarily?". The Informant247 (in Engels (VSA)). 4 Augustus 2023. Besoek op 5 Augustus 2023.
  7. "Coup d'État au Niger : 57 000 soldats chez les putschistes, la France refuse d'intervenir… quelles sont les forces en présence ?". midilibre.fr (in Frans). Besoek op 6 Augustus 2023.
  8. [1] Geargiveer 1 September 2023 op Wayback Machine.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne