Nikephoros III Botaneiates | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
Keiser Nikephoros III Botaneiates.
| |
Bewind | 7 Januarie 1078 – 1 April 1081 |
Gebore | Omstreeks 1002 |
Oorlede | 10 Desember 1081 |
Voorganger | Michael VII Doukas |
Opvolger | Alexios I Komnenos |
Nikephoros III Botaneiates (Grieks: Νικηφόρος Βοτανειάτης, omstreeks 1002 tot 10 Desember 1081) was van 1078 tot 1081 keiser van die Bisantynse Ryk. Hy het tydens die bewind van Konstantyn X ’n generaal geword en het Isak I Komnenos gesteun in sy suksesvolle oorname van die troon. In 1078 het hy teen keiser Michael VII in opstand gekom en die troon met die hulp van die Seldjoekse Turke vir homself opgeëis. Michael VII het ten gunste van Nikephoros III geabdikeer.