Nikolaus Harnoncourt

Nikolaus Harnoncourt

Graf de la Fontaine und d'Harnoncourt-Unverzagt
Harnoncourt in 1980
Gebore
Johann Nikolaus Graf de la Fontaine und d'Harnoncourt-Unverzagt

(1929-12-06)6 Desember 1929
Sterf05 Maart 2016 (op 86)
St Georgen im Attergau, Oostenryk
Beroep
EggenootAlice Harnoncourt (née) Hoffelner
(1953-2016;[1] sy afsterwe)
Kinders4 kinders (insluitende Elisabeth von Magnus)
Handtekening
Preview warning: Sjabloon:Inligtingskas Persoon gebruik onbekende parameter "pryse"

Nikolaus Harnoncourt (Johann Nikolaus Graf [Graaf] de la Fontaine und d'Harnoncourt-Unverzagt; 6 Desember 19295 Maart 2016) was 'n Oostenrykse dirigent wat veral bekend was om sy histories-ingeligte uitvoerings van musiek uit die klassieke tydperk en vroeër. Hy het sy musiekloopbaan as tjellis begin en in die 1950's die periode-instrument groep Concentus Musicus Wien gestig. Sodoende het hy 'n vroeë pionier van die Vroeë Musiek beweging geword. Op of omtrent 1970 het Harnoncourt begin om operastukke en konserte te dirigeer. Hy het gou die mees gerekende internasionale simfonieorkeste gedirigeer en in die mees uitgelese konsertsale, operahuise en feeste in die wêreld verskyn. Sy repertorium het toe verbreed om komponiste van die 19de en 20ste eeue in te sluit. In 2001 en 2003 het hy die Weense Nuwejaarskonserte gedirigeer. Harnoncourt was ook die skrywer van verskeie boeke wat meestal handel oor onderwerpe soos die geskiedenis van uitvoerings en musikale estetiek.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Millington

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne