![]() | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Nissan |
Ook genoem | Nissan Fairlady Z (in Japan) |
Produksie | 1983–1989 (Z31) 1989–2000 (Z32) |
Montering | Hiratsuka, Kanagawa, Japan |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Sportmotor/"Grand Tourer" |
Uitleg | Voorenjin, agterwieldryf |
Spesifikasies | |
Ratkas | 5-ganghandrat 4-gang outomaties |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Nissan 280ZX |
Opvolger | Nissan 350Z |
Die Nissan 300ZX is 'n sportmotor wat bemark was in nie-Japannese markte, identies aan die plaaslike Japannese "Z31" en "Z32" geslagte van die Nissan Z wat vanaf 1983 tot 2000 vervaardig is. Soos met al die ander geslagte van hierdie platform is die motors as die Fairlady Z bemark op die Japannese plaaslike mark.[1]
Op die Japannese mark is dit uitsluitlik deur "Nissan Bluebird Stores" verkoop vanaf 1983 tot die middel 2000 en in die Verenigde State van Amerika van 1984 tot die middel van 1996. Die 300ZX naam volg die numeriese konvensie wat met die Nissan S30 begin is, soos voorgestel deur Yutaka Katayama. Die "X" aanwysing se debuut was met die vorige generasie Z motor, die 280ZX, wat luukse en geriefgeoriënteerde funksies aangedui het. Die Z31 model van 1983-89 was die gewilder model, daar is 100 000 meer eenhede as die latere Z32 verkoop. Die Z31 het voortgegaan in die ou S30 markposisionering as 'n middelprysklas-sportmotor, maar die teikenmark van die Z32-geslag het elke modeljaar verander a.g.v. 'n gedurige hoër prysetiket.
Car and Driver plaas die Z32 op sy tien beste lys vir 7 opeenvolgende jare, dus elke modeljaar van sy beskikbaarheid in die Verenigde State. Motor Trend ken die motor die eer toe as "1990-ingevoerde Motor van die Jaar".[2]
Die Nissan 350Z, amptelik die Z33 generasie Z-motor, het die 300ZX in 2003 opgevolg.