2018 Nissan Leaf | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Nissan |
Ook genoem | Venucia e30 (cHina) |
Produksie | 2010–huidig |
Montering | Japan: Oppama, Tochigi, Yokohama VSA: Smyrna, Tennessee Verenigde Koninkryk: Sunderland (Nissan Motor Manufacturing UK) |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Kompakte motor |
Bakstyl | 5-deur luikrug |
Uitleg | Voorenjin, voorwielaandrywing |
Platform | Nissan EV platform |
Spesifikasies | |
Ratkas | Enkelspoed-konstanteratverhouding (7.94:1)[1] |
Lengte | 4445 mm[2] |
Breedte | 1770 mm[2] |
Hoogte | 1550 mm[2] |
Massa | 2011/12 models 1 521 kg[2] 2013 model 1 493 kg[3] |
Asafstand | 2700 mm [2] |
Die Nissan Leaf (ook uitgedruk as "LEAF" vir Leading, Environmentally friendly, Affordable, Family car) [4] is 'n kompakte vyfdeur-luikrug elektriese motor vervaardig deur Nissan en bekendgestel in Japan en die Verenigde State van Amerika in Desember 2010. Volgens die Amerikaanse Environmental Protection Agency is die amptelike reikafstand van die 2013-model Leaf 121 km (75 myl) en hul gradeer die Leaf se gekombineerde brandstofverbruik op 115 myl per Amerikaanse gelling petrol (ekwivalent aan 2.0 L/100 km).[5] Nissan[6] Die 2013 Leaf het 'n reikafstand van 200 km (120 myl) op die nuwe Europese ritsiklus.[7]
Aflewerings aan kleinhandelkliënte het in die Verenigde State en Japan in Desember 2010 begin, gevolg deur verskeie Europese lande en Kanada in 2011, en sedert Augustus 2014 is dit in 35 lande beskikbaar. Die Leaf is die wêreld se besverkoper, snelwegbruikbare, ten volle elektriese motor ooit, met wêreldwye verkope van meer as 150 000 eenhede teen November 2014.[8] Die voorste markte is die Verenigde State van Amerika, met meer as 69 200 eenhede, gevolg deur Japan met sowat 47 400 eenhede en Europa met meer as 32 300 teen November 2014. Vanaf September 2014 word die Europese mark gelei deur Noorweë, met meer as 11 000 nuwe eenhede en die Verenigde Koninkryk, met meer as 6 000 eenhede afgelewer.
As 'n ware elektriese motor produseer die Nissan Leaf geen uitlaatbesoedeling of kweekhuisgas by die punt van operasie nie, en dra by tot 'n verminderde afhanklikheid van petroleum.[9][10] Onder sy ander toekennings en erkennings, ontvang die Nissan Leaf die 2010 Green Car Vision-toekenning, die 2011 Europese motor van die Jaar, die 2011 Wêreldmotor van die Jaar, en die 2011–2012 Motor van die Jaar in Japan.