Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Nissan |
Ook genoem | Godzilla |
Produksie | Desember 2007-huidig |
Montering | Kaminokawa, Tochigi, Japan[1] |
Ontwerper | Shiro Nakamura |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Sportmotor |
Bakstyl | 2-deur 2+2 coupé |
Uitleg | Voorenjin, vierwieldryf |
Platform | Nissan PM platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 3.8 L Nissan VR38DETT tweeling-turbo V6 |
Ratkas | 6-gang outomaties (met dubbelkoppelaar) |
Lengte | 4656 of 4671 mm |
Breedte | 1895 of 1902 mm |
Hoogte | 1369 of 1372 mm |
Massa | 1740 kg |
Asafstand | 2780 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Nissan Skyline GT-R |
Die Nissan GT-R is 'n 2-deur 2+2-sportkoepee[2] wat deur Nissan gebou word en die eerste keer in Japan in 2007 vrygestel is.[3][4][5] Dit is die opvolger van die Nissan Skyline GT-R hoewel dit nie meer deel van die Skyline-reeks is nie.
Tussen 1969 en 1974, en weer tussen 1989 en 2002, het Nissan 'n hoë werkverrigtingweergawe van sy Skyline sedan as die Nissan Skyline GT-R vrygestel. Hierdie motor is bewys om ikonies vir Nissan te wees[6][7] en behaal vele roem en sukses op beide die oop pad en resiesbane.
Die Nissan GT-R, hoewel dit nie meer die "Skyline" embleem dra nie, het ooreenkomste met die Nissan Skyline GT-R, wat slegs beskikbaar was in die VSA as 'n grysmarkmotor. Soortgelyk aan die latere geslagte van die Skyline GT-R's, is die Nissan GT-R vierwielaangedrewe met 'n tweeling-turbo sessilinderenjin en het die kenmerkende vier ronde agterligte. Maar die GT-R is 'n heeltemal nuwe model wat min deel met sy Skyline-familie, en is 'n volledige herontwerp van die vorige Skylines eerder as 'n inkrementele evolusie; die vierwieldryf HICAS stelsel is verwyder en die vorige reguit-6 RB26DETT enjin is vervang met 'n nuwe V6 VR38DETT.[8] Die GT-R het ook sy Skylinevoorganger se bynaam "Godzilla" behou,[9] so genoem deur die Australiese motorpublikasie "Wheels" in sy Julie 1989 uitgawe.