Nissan Rogue | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Nissan |
Produksie | 2007—huidig |
Modeljare | 2008—huidig |
Montering | Kioesjoe, Japan |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Mediumgrootte oorkruis SNV |
Bakstyl | 5-deur SNV |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf of vierwieldryf |
Platform | Nissan C platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 2.5 L 127 kW inlynviersilinder Nissan QR25DE |
Ratkas | palwissel outomatiese ratkas (CVT) |
Lengte | 2008-2010: 4 646 mm 2011-2013: 4 656 mm |
Breedte | 1 801 mm |
Hoogte | 1 659 mm |
Massa | 1 601 kg |
Asafstand | 2 690 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Nissan X-Trail (Kanada) Nissan Xterra (Meksiko) |
Variante | Nissan Lafesta Nissan Qashqai Nissan Sunny Nissan X-Trail |
Die Nissan Rogue is 'n mediumgrootte oorkruis SNV wat sy debuut in Oktober 2007 gemaak het[1] vir die 2008-modeljaar, en deur die Japannese motormaatskappy Nissan vervaardig word. Dit is die Noord-Amerikaanse weergawe van die Europees-ontwerpte Nissan Qashqai, bekend as die Dualis in Japan en Australië.
Die Rogue het sy debuut op 7 Januarie 2007 by die Noord-Amerikaanse Internasionale Motorskou in Detroit gemaak. Dit vervang die Nissan X-Trail in Kanada as Nissan se intreevlak-SNV en die bak-op-raam Nissan Xterra in Meksiko omrede die Smirna-aanleg kapasiteit vir die 2009 Suzuki Equator moes opbou. Die Xterra word steeds verkoop in die Verenigde State en Kanada nadat dit onttrek is van die Meksikaanse mark na die 2008-modeljaar. 'n Heelnuwe weergawe van die X-Trail, wie se platform die Rogue deel, is in Europa, Meksiko en elders geloods, maar daar is geen planne om dit in die VSA en Kanada te bemark nie.