Njala

Njala
bul
ooi
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
T. angasii
Binomiale naam
Tragelaphus angasii
(Gray, 1849)

Die njala (Tragelaphus angasii) is 'n wildsbok wat in Suid-Afrika aangetref word. Die naam is afkomstig van die Swahili-benaming vir die diere.

Volwasse njalas het 'n gemiddelde massa van 130 kg en 'n hoogte van ongeveer 105 cm. Die bul het lang, gedraaide horings wat tot 83 cm lank kan word. Die njala word ook beskou as die diersoort waar die skeiding tussen bulle/ramme en koeie/ooie plaasvind.

Die manlike njala is 'n bul en die vroulike njala 'n ooi. Manlike wildsbokke groter as njalas word bulle genoem en kleiner wildsbokke se mannetjies ramme. Vroulike wildsbokke groter as njalas word koeie genoem en kleiner wildsbokke se wyfies ooie.

Die ooi is ses maande dragtig, waarna 'n enkele lam gebore word. Njalas het 'n moontlike lewensduur van agt jaar.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne