Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Comune di Noli Nöi | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Uitsig oor Noli | |
Koördinate: 44°12′22″N 8°24′48″O / 44.20611°N 8.41333°O | |
Land | Italië |
Streek | Ligurië |
Provinsie | Savona |
Stigting | 317 v.C. |
Regering | |
• Burgemeester | Lucio Fossati (#Idea Noli) |
Oppervlak | |
• Totaal | 9,67 km2 (3,73 vk. myl) |
Hoogte | 2 m (7 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 2 692 |
• Digtheid | 278,4/km2 (721/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1 (MET) |
• Somertyd | UTC+2 (MEST) |
Poskode | 17026 |
Skakelkodes | 019 |
Webwerf | comunenoli.gov.it |
Noli ([ˈnɔːli]; Liguries: Nöi [ˈnɔːi]) is 'n munisipaliteit (comune) langs die Liguriese kus, noordwes van Genua geleë, met 'n bevolking van 2 692. Die naam is afgelei van 'n Grieks-Bisantynse variant van Neapolis of "Nuwe Stad". Noli het tussen 1193 en die Napoleontiese inval in Italië in 1797 as onafhanklike Republiek Noli bestaan en was die kleinste van Italië se sogenaamde Repubbliche Marinare of Seerepublieke.
Vir sy deelname aan die Eerste Kruistog in 1097 is 'n verskeidenheid voorregte aan Noli toegeken, veral op die gebied van handel. Noli se kooplui het die hele Middellandse See bevaar om handel te dryf met tekstiele, graan, kruie en speserye en slawe. Hul welvaart het van Noli 'n seemoondheid gemaak wat vanaf 1193 as selfregerende stadrepubliek kon bestaan. Gedurende sy bloeitydperk, wat tot in die 14de edeu voortgeduur het, het Noli 'n betreklik groot gebied oorheers wat nedersettings in sy omgewing soos Orco, Mallare, Segno en Vado ingesluit het. Verdere uitbreiding van Noli se handelsaktiwiteite is deur sy natuurlike seehawe beperk wat nie geskik was vir die hantering van groter getalle skepe nie. Om sy onafhanklikheid as seerepubliek te handhaaf, het Noli 'n politieke alliansie met Genua gesluit.
Noli is lid van die vereniging I borghi più belli d’Italia - "Die mooiste borghi (Middeleeuse dorpe) van Italië".