Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer

Setels in die provinsiale wetgewer na die 2019-verkiesing: ██ ANC: 18 setels ██ DA: 8 setels ██ EFF: 3 setels ██ VF Plus: 1 setel
Nuwe Provinsiale Wetgewergebou, Galeshewe, Kimberley

Die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer is die wetgewer van die Noord-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Dit het 'n eenkamersamestelling van dertig lede wat elke vyf jaar verkies word. Die huidige wetgewer is op 8 Mei 2019 verkies en het 'n African National Congress meerderheid. Dit is in Kimberley gesetel, in 'n nuutgeboude kompleks wes van die middestad aan die rand van Galeshewe.

Die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer, soos die agt ander provinsiale wetgewers in Suid-Afrika, is op 27 April 1994 gestig deur die tussentydse grondwet van Suid-Afrika, wat die vier oorspronklike provinsies (en hul provinsiale rade) ontbind het en die nege huidige provinsies tot stand gebring het. Dit is tans saamgestel ingevolge hoofstuk ses van die Grondwet van Suid-Afrika, wat die struktuur van die provinsiale regerings omskryf.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne