Noord-Sotho Sesotho sa Leboa | ||
---|---|---|
Gepraat in: | ![]() | |
Gebied: | Gauteng, Limpopo, Mpumalanga | |
Totale sprekers: | 4,6 miljoen (moedertaal, 2011)[1] 9,1 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002)[2] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Suidelike Bantoetale Sotho Noord-Sotho | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ![]() | |
Gereguleer deur: | Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen
| |
ISO 639-2: | nso
| |
ISO 639-3: | nso
| |
![]() | ||
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die taal Noord-Sotho (Sesotho sa Leboa in Noord-Sotho) is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur ongeveer 4 618 500 mense as moedertaal gepraat (2011-sensus), hoofsaaklik Noord-Sotho's. Noord-Sotho is deel van die Sotho-taalfamilie en die Bantoetale.
Aangesien die Pedigroep die grootste deel uitmaak van die heterogene Noord-Sothogroep, word daar soms na Noord-Sotho verwys as Pedi (Sepedi in Noord-Sotho).[3]
In vroeër jare is dit veral deur sendelinge verhef tot skryftaal.[3]