Northcliff | |
---|---|
![]() | |
Koördinate: 26°8′46″S 27°58′12″O / 26.14611°S 27.97000°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 9,06 km2 (3,50 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 14 664 |
• Digtheid | 1 619/km2 (4 190/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 63.5% |
• Indiërs/Asiërs | 7.5% |
• Bruin mense | 4.9% |
• Swart mense | 22.8% |
• Ander | 1.2% |
Taal (2011) | |
• Engels | 55.1% |
• Afrikaans | 25.4% |
• Zoeloe | 4.1% |
• Tswana | 2.9% |
• Ander | 12.5% |
Northcliff is 'n welgestelde en eksklusiewe voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Die voorstad is geleë op Northcliffrif, wat aan die een kant 'n uitsig bied oor die sentrale sakegebied en aan die ander kant van die boomryke noordelike voorstede. Northcliff se groot wonings is teen 'n steil helling van die heuwel geleë en grens aan die Randburgse voorstede Fairland, Blackheath, Cresta en Berario.
Onlangs is daar strate met toegangsbeheer afgesper om meer sekuriteit en eksklusiwiteit aan inwoners van Northcliff te bied. Northcliff is geleë in streek B van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit.