Northrop F-5 Freedom Fighter | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Northrop Corporation |
Nooiensvlug | F-5A: 30 Julie 1959 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Amerikaanse Lugmag |
Aantal gebou | 706 |
Ontwikkel van | Northrop T-38 Talon |
Die Northrop F-5 Freedom Fighter is 'n Amerikaanse vegvliegtuig. Dit was 'n lae koste, veelsydige, supersoniese, goedkoop vliegtuig wat maklik was om te onderhou en het vir die eerste keer in 1959 gevlieg. Daar was 2,700 van die vliegtuig gebou en meer as 2,000 was uitgevoer na lande wat op 'n vriendelike voet met Amerika verkeer het. Die eerste eenhede is in April 1964 aan die Amerikaanse Lugmag se Tactical Air Command vir buitelandse vlieëniers afgelewer en vlieëniers van Iran en Suid-Korea was van die eerste lande wat opgelei is.
'n Tweesitplek model, F-5B, is in Februarie 1964 in diens gestel en in 1967 het 'n Amerikaanse Eskader missies gevlieg in Suidoos-Asië vir evaluering. Kanada en Spanje het die vliegtuig onder lisensie vervaardig wat verseker het dat dit vir jare regoor die wêreld in diens was.