Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Serwië |
Koördinate | 44°48′N 20°25′O / 44.800°N 20.417°O |
Stigting | 1947/1948 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 40,96 vk km |
Hoogte bo seevlak | 117 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2011) | 212 104 |
- Bevolkingsdigtheid | 5 200/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Munisipaliteitspresident | Aleksandar Šapić (SPAS) |
Amptelike Webwerf | novibeograd.rs |
Novi Beograd of Nieu-Belgrado (Serwies-Cyrillies: Нови Београд, [nôʋiː beǒɡrad]) is die mees bevolkte munisipaliteit van Belgrado, die hoofstad van Serwië, met 'n bevolking van nagenoeg 400 000 en 'n oppervlakte van 40,74 km².
Dit is 'n beplande stad wat vanaf 1947 op die linkeroewer van die Savarivier ontstaan het – 'n gebied net teenoor die historiese middestad van Belgrado wat voorheen onbewoon was. Novi Beograd het intussen tot die nuwe finansiële sentrum van Belgrado en sy snelste groeiende stadsdeel ontwikkel. Vanweë sy moderne infrastruktuur en die beskikbare oop ruimtes het talle ondernemings hulle hier gevestig.