Nowaja Gazeta (Russies: Новая газета) is ’n Russiese koerant wat bekend is vir sy ondersoekende beriggewing oor sosiale en politieke sake.[1]
Dit is beskikbaar in Moskou, ander streke van Rusland en sommige oorsese lande. Sedert 2009 verskyn die koerant op Maandae, Woensdae en Vrydae. Tussen 2001 en 2009 is vier joernaliste van die koerant vermoor.[2] Onder hulle was die internasionaal bekende joernalis en skrywer Anna Politkofskaja.