Noxolo Kiviet | |
![]() | |
Minister van Staatsdiens en Administrasie
| |
Ampstermyn 7 Maart 2023 – 17 Junie 2024 | |
President | Cyril Ramaphosa |
---|---|
Voorafgegaan deur | Ayanda Dlodlo |
Opgevolg deur | Mzamo Buthelezi |
Adjunkminister van Openbare werke en Infrastruktuur
| |
Ampstermyn 30 Mei 2019 – 6 Maart 2023 | |
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Jeremy Cronin |
Opgevolg deur | Bernice Swarts |
Ampstermyn 6 Mei 2009 – 20 Mei 2014 | |
Voorafgegaan deur | Mbulelo Sogoni |
Opgevolg deur | Phumulo Masualle |
Speaker van die Oos-Kaapse Provinsiale Wetgewer (2x)
| |
Ampstermyn 21 Mei 2014 – 7 Mei 2019 | |
Voorafgegaan deur | Fikile Xasa |
Opgevolg deur | Helen Sauls-August |
Ampstermyn 2004 – 2009 | |
Voorafgegaan deur | Mkhangeli Matomela |
Opgevolg deur | Fikile Xasa |
Voorsitter van die portefeuljekomitee van die Premier van die Oos-Kaap
| |
Ampstermyn 2003 – 2004 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 21 Julie 1963 Oos-Londen, Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Alma mater | Universiteit van Fort Hare |
Noxolo Kiviet (gebore 21 Julie 1963, Oos-Londen) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy was vanaf 2009 tot 2014 die premier van die Oos-Kaap, nadat sy sedert 2004 in die Oos-Kaapse Provinsiale Wetgewer gedien het.[1]
Kiviet is 'n lid van die regerende African National Congress. Na die algemene verkiesing van Mei 2019 het Kiviet 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika geword. Sy is deur president Cyril Ramaphosa as adjunkminister van openbare werke en infrastruktuur aangewys.[1] Sy neem op 30 Mei 2019 die amp aan en dien saam met minister Patricia de Lille.[2] In Maart 2023 is sy bevorder tot Minister van Staatsdiens en Administrasie.[3] Sy het in hierdie pos gedien tot 17 Junie 2024, waarna sy opgevolg is deur Elphas Mzamo Buthelezi.