Nuer (volk)

Nuer

'n Nuer-seun in Gambela, Ethiopië
Totale bevolking: ca. 3,5 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Suid-Soedan Suid-Soedan 3 032 076

Vlag van Ethiopië Ethiopië 547 672 (2008-sensus)

Taal: Nuer
Geloofsoortuiging: Christendom, Islam, Nuer-godsdiens
Verwante etniese groepe: Ander Nilo-Sahariese volke soos Dinka, Kanuri, Luo en Masai

Die Nuer (Nuer: Naath) is 'n Nilo-Sahariese etniese groep inheems aan Suid-Soedan en westelike Ethiopië. Hulle bly veral langs die Nylrivier (Wit Nyl). Die Nuer verwys na hulself as Naath.[1]

Historiese prent van Nuer in 1906, National Geographic Society
Die Barorivier in Gambela, Ethiopië

Volgens die 2011-skatting bly sowat 3 miljoen Nuer in Suid-Soedan, amper 15,6% van die totale bevolking en die tweede grootste etniese groep in dié land, net ná die Dinka.[2] Hulle is veral herders wat beeste vir 'n bestaan aanhou. Hul beeste dien ook as 'n soort metgeselle en lewensstyl.[3] Beeste word gedurende die droë seisoen langs riviere, die Sudd en grasvlaktes aangehou, maar gedurende die reënseisoen na hoër velde geneem om vloede en water te voorkom. Die Nuer behoort tot die Nilo-Sahariese volke, hoofsaaklik gevestigde volke van die Wit Nyl en Groot Mere van Afrika wat landbou en veeteelt beoefen en Nilotiese tale soos Dinka, Luo en Nuer praat.[4]

Die Nuer is in historiese sensusse as gevolg van hul nomadiese leefwyse ondergetel, maar ook wens 'n gebrek aan behoorlike nasionale sensusinligting oor die gemeenskap. Daarbenewens tel die Nuer net ouer gemeenskapslede van die gesin. Die Nuer glo byvoorbeeld dat die aantal kinders wat getel word, ongeluk kan bring, en dat die gemeenskap minder mense wil aanmeld as hulle in werklikheid baie kinders het. Hul Ethiopiese eweknieë is die mees westelike inwoners van die Horing van Afrika.[5]

Hul gelyknamige taal, deur hulle Thok Naath genoem, is een van die Nilotiese tale se Oos-Soedannese tak. Dit word in die Latynse alfabet met bykomende letters geskryf.

  1. (en) Gardner, Robert. "The Nuer". Kanopy streaming. Kanopy.
  2. "South Sudan". CIA World Factbook (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 11 Augustus 2019.
  3. (en) Hutchinson, Sharon (1992). "The Cattle of Money and the Cattle of Girls among the Nuer, 1930–83". American Ethnologist. 19 (2): 294–316. doi:10.1525/ae.1992.19.2.02a00060. JSTOR 645038.
  4. (en) Seligman, C. G.; Seligman, Brenda Z. (1965). Pagan Tribes of the Nilotic Sudan. Londen: Routledge & Kegan Paul. ISBN 978-0-7100-2096-3.
  5. (en) Johnson, Douglas H. "On the Nilotic frontier: imperial Ethiopia in the southern Sudan, 1898–1936." (1986): 219–245.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne