Numerologie (ook bekend as aritmomansie) is die geloof in 'n okkulte, goddelike of mistiese verhouding tussen 'n nommer en een of meer samevallende gebeure. Dit is ook die studie van die numeriese waarde, deur 'n alfanumeriese stelsel, van die letters in woorde en name. Dit word dikwels verbind met astrologie en ander soorte waarsêery.[2]