Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Nuwe Kadampa-tradisie is ’n tak van Boeddhisme wat in 1991 in Engeland gestig is. In 2003 is die woorde "Internasionale Kadampa-Boeddhiste-unie" (IKBU) agteraan die oorspronklike naam gevoeg. Dit is ’n wêreldwye organisasie wat in Engeland geregistreer is as ’n welsynorganisasie sonder winsbejag.[1][2]
Die stigter van dié tradisie is Geshe Kelsang Gyatso, ’n monnik, onderwyser en skrywer.[3] Die organisasie lys meer as 200 sentrums en sowat 900 klasse/studiegroepe in 40 lande.[4]
In Suid-Afrika is ook ’n sentrum: die Tushita Kadampa-Boeddhistesentrum is in Rondebosch, Kaapstad.
{{cite web}}
: Check |url=
value (hulp)[dooie skakel]