Chicago O'Hare Internasionale Lughawe Chicago O'Hare International Airport | |||
---|---|---|---|
Lugbeeld van die Lughawe | |||
IATA: ORD – ICAO: KORD | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbare Lughawe | ||
Eienaar/Operateur | Stad Chicago | ||
Bedien | Chicago, Illinois | ||
Spil vir | Air Choice One American Airlines United Airlines | ||
Fokuspunt vir | Frontier Airlines[1] Spirit Airlines | ||
Hoogte bo seevlak | 668 vt / 204 m | ||
Koördinate | 41°58′43″N 87°54′17″W / 41.97861°N 87.90472°W | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
4L/22R | 2 286 | 7 500 | Teer |
4R/22L | 2 461 | 8 075 | Teer |
9L/27R | 2 286 | 7 500 | Beton |
9R/27L | 2 428 | 7 967 | Teer/Beton |
10C/28C | 3 291 | 10 800 | Beton |
10L/28R | 3 962 | 13 001 | Teer/Beton |
14L/32R | 3 050 | 10 005 | Teer |
14R/32L | 2 952 | 9 685 | Teer/Beton |
Helikopterblaaie | |||
Aantal | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
H1 | 61 | 200 | Beton |
Statistieke (2022) | |||
Passasiers | 68 340 619 | ||
Lugbewegings | 711 561 | ||
Vrag (metrieke ton) | 2 235 709 | ||
Ekonomiese impak | VS$14,1 miljard[2] | ||
Bronne: FAA en die Lughawe se webwerf[3] |
Chicago O'Hare Internasionale Lughawe (IATA-kode: ORD, ICAO: KORD), ook bekend as O'Hare Lughawe, O'Hare Field, Chicago Internasionale Lughawe, of bloot O'Hare, is 'n groot lughawe in die verre-noordwestelike hoek van Chicago, Illinois, 27 km (17 myl) noordwes van die Chicago Loop. Dit is die primêre lughawe in diens van die Chicago-area, met Chicago Midway Internasionale Lughawe, ongeveer 16 km (10 myl) nader aan die Loop, wat dien as 'n sekondêre lughawe vir Laekosterederye.
O'Hare is die tweede grootste passasierspilpunt vir United Airlines (insluitend United Express) na Houston se George Bush Interkontinentale Lughawe en hanteer 15,3 miljoen passasiers per jaar. O'Hare is United se grootste sentrum per aantal vlugte, met 'n totaal van 585 vlugte per dag. United is ook die grootste lugredery by O'Hare, en bedien meer as 45% van alle passasiers wat deur die lughawe beweeg. American Airlines is die tweede grootste operateur op O'Hare, en hanteer 37% van die passasiers. O'Hare is American Airlines se tweede grootste spil, na Dallas/Fort Worth Internasionale Lughawe.