O.J. Simpson | |
Geboortenaam | Orenthal James Simpson |
---|---|
Alias | The Juice |
Geboorte | 9 Julie 1947 San Francisco, Kalifornië, Verenigde State |
Sterfte | 10 April 2024 (op 76) Las Vegas, Nevada, Verenigde State |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur en vervaardiger |
Aktiewe jare | 1968-2024 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Orenthal James Simpson (9 Julie 1947 – 10 April 2024) was 'n afgetrede Amerikaanse voetbalspeler, akteur en misdadiger. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente The Towering Inferno (1974), The Naked Gun: From the Files of Police Squad! (1988), The Naked Gun 2½: The Smell of Fear (1991), en Naked Gun 33 1/3: The Final Insult (1994).
Hy was 'n gewilde figuur by die Amerikaanse publiek en is veral bekend vir sy verhoor vir die moorde op sy voormalige vrou, Nicole Brown Simpson, en haar vriend, Ron Goldman. Simpson was deur 'n jurie in die strafhof vrygespreek van die moorde, maar is later verantwoordelik gehou vir albei sterftes in 'n siviele verhoor, en swaar beboet daarvoor.
In 2007 is Simpson in hegtenis geneem in Las Vegas, Nevada en aangekla van gewapende roof en ontvoering. In 2008 is hy skuldig bevind en tot 33 jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy het sy vonnis uitgedien in die Lovelock korrektiewe sentrum naby Lovelock, Nevada. Na sy parooltydperk, het hy op 1 Oktober 2017 in aanmerking gekom vir vrylating uit die gevangenis, en is ook vrygelaat op dieselfde dag.