Ohm se wet

'n Stroombaan wat V, I en R, die parameters van Ohm se wet, aandui.

Ohm se wet is 'n vergelyking wat die verhouding tussen elektriese stroomsterkte, spanning en weerstand in 'n elektriese stelsel weergee. Dit is geformuleer deur Georg Simon Ohm.

Ohm se wet stel dat die stroom deur 'n weerstand direk eweredig is aan die spanning wat oor 'n weerstand gekoppel word.

Die vergelyking is soos volg:

Waar

  • I = stroomsterkte;
  • R = weerstand; en
  • V = spanningsverskil.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne