Olga Kurylenko | |
---|---|
Kurylenko in 2015 | |
Gebore | Olga Kostyantynivna Kurylenko 14 November 1979 Berdjansk, Oekraïense Sowjet-Sosialistiese Republiek, Sowjetunie |
Burgerskap |
|
Beroep | Aktrise, model |
Eggenoot |
|
Kinders | 1 |
Olga Kostyantynivna Kurylenko[1][2] (Oekraïns: Ольга Костянтинівна Куриленко; * 14 November 1979)[1][2] is 'n Franse aktrise en voormalige model van Oekraïense afkoms.[3][4] Kurylenko is gebore in Berdjansk en het op 16-jarige leeftyd na Frankryk verhuis om as model te werk. Nadat sy haar loopbaan as aktrise in 2004 begin het, het Kurylenko haar deurbraakrol gehad in die aksieriller-rolprent Hitman (2007). Sy het die rol vertolk van die "Bondmeisie" Camille Montes in die James Bond-rolprent Quantum of Solace (2008) en ook gespeel in The Water Diviner (2014) as "Ayshe" langs Russell Crowe.
Kurylenko het ook gespeel in Terrence Malick se rolprent To the Wonder (2012), Martin McDonagh se swartkomedie-rolprent Seven Psychopaths (2012), die wetenskapsfiksierolprent Oblivion (2013), Armando Iannucci se polititiese satire-rolprent The Death of Stalin (2017), Terry Gilliam se The Man Who Killed Don Quixote (2018) en die aksierolprent Extraction 2 (2023).