Olifantmuseum

Olifantstandbeeld van veselglas voor die Letaba Olifantsaal

Die Letaba Olifantmuseum, ook bekend as die Letaba Olifantsaal, is 'n museum in die Letabaruskamp van die Nasionale Krugerwildtuin van Suid-Afrika. Die museum se grootste trekpleister is die skedels en ivoortande van die Manjifieke Sewe Olifante wat voorheen in die Krugerwildtuin geleef het.

Die museum dek verskillende onderwerpe rakende olifante: evolusie, gewoontes, ekologie en navorsing. Die museum is sewe dae per week oop vir die publiek en toegang is gratis.

23°51′12″S 31°34′30″O / 23.85343°S 31.57498°O / -23.85343; 31.57498


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne