Olimpiese Somerspele 1976

Spele van die XXIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1976

Gehou in Montreal, Kanada
Deelnemende lande 92 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 6 084 (4 824 mans, 1 260 vroue)[1]
Items 198 in 21 sporte[2]
Openingseremonie 17 Julie 1976
Sluitingseremonie 1 Augustus 1976
Amptelik geopen deur Koningin Elizabeth II[3]
Atlete-eed Pierre Saint-Jean (gewigoptel)
Beampte-eed Maurice Forget (atletiek)
Olimpiese vlam Stéphane Préfontaine
en Sandra Henderson
Vorige Spele 1972: München (Wes-Duitsland)
Volgende Spele 1980: Moskou (Sowjetunie)

Die Olimpiese Somerspele 1976 (Engels: 1976 Summer Olympics, Frans: Les XXIes olympiques d'été), amptelik bekend as die Spele van die XXIste Olimpiade, is tussen 17 Julie en 1 Augustus 1976 in Montreal, Kanada, aangebied. Ander stede, wat as kandidate vir die organisering van die Spele aangewys is, was Moskou en Los Angeles. Moskou was die gunsteling, maar desondanks het die Internasionale Olimpiese Komitee in 1969 in Amsterdam besluit om die Spele aan Montreal toe te ken, nadat die destydse burgemeester, Jean Drapeau, beloof het om 'n "eenvoudige Spele" te organiseer.

Die Olimpiese Stadion in Montreal

Dit is die eerste en tot dusver enigste Olimpiese Somerspele wat Kanada aangebied het. Dié land het later wel die Olimpiese Winterspele van 1988 en 2010 aangebied. Kanada is die enigste gasheerland van 'n Olimpiese Somerspele om sonder 'n Olimpiese oorwinning te bly.

22 Afrikalande (en sommige ander) het die Spele weens Nieu-Seeland se deelname geboikot nadat die All Blacks in 1976 Suid-Afrika onder Apartheid besoek het. Hulle het 'n wedstryd teen die Springbokke gespeel en sodoende die internasionale verbanning van Suid-Afrika verbreek.

Die Olimpiese Winterspele 1976 is in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1976 is tussen 3 en 11 Augustus in Toronto gehou.

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 5 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne