Ve Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 1944 (Italiaans: V Giochi olimpici invernali), amptelik bekend as die Vde Olimpiese Winterspele nadat die Olimpiese Winterspele 1940 gestaak is, sou in 1944 gehou word, maar is na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog afgelas.[1] Die Spele is in Junie 1939 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) aan Cortina d'Ampezzo, Italië, toegewys. Ander kandidaatstede was Montreal in Kanada en Oslo in Noorweë.
Die Olimpiese Winterspele 1948, die eerste Olimpiese Winterspele na die einde van die oorlog, is as die Vde Olimpiese Winterspele in St. Moritz, Switserland, aangebied. Cortina d'Ampezzo het die Olimpiese Winterspele van 1956 aangebied.