Oliver Sacks | |
---|---|
Sacks in 2009. | |
Gebore | Oliver Wolf Sacks 9 Julie 1933 |
Sterf | 30 Augustus 2015 (op 82) |
Beroep | Neuroloog, skrywer |
Handtekening | |
Oliver Wolf Sacks, CBE (9 Julie 1933 – 30 Augustus 2015) was ’n Britse neuroloog en skrywer.[2][3][4] Hy was ’n professor in neurologie aan die New York University School of Medicine. Tussen 2007 en 2012 was hy professor van neurologie en psigiatrie aan die Columbia-universiteit in New York, waar hy ook die pos van "Columbia Artist" beklee het, wat sy bydraes tot kuns en wetenskap erken het.
Sacks was die skrywer van verskeie trefferboeke,[5] onder meer verskeie gevallestudies van pasiënte met neurologiese afwykings. Sy 1973-boek Awakenings, ’n outobiografiese vertelling van sy poging om mense met slaapsiekte te help om hul neurologiese funksies te herwin, is aangepas vir die Hollywoodse Oscar-benoemde rolprent van 1990 met dieselfde naam. Robin Williams en Robert de Niro het daarin gespeel.
In 2008 het hy die CBE gekry vir sy diens aan letterkunde.[4]