Ondermaanse

Aristoteles.
Copernicus.

Die ondermaanse is ’n begrip in Arestoteliaanse fisika wat uit die Griekse sterrekunde kom.[1] Dit is die deel van die kosmos onder die maan, met die aarde as middelpunt, wat bestaan uit die vier klassieke elemente: aarde, water, lug en vuur.[2]

Die ondermaanse was in die klassieke sterrekunde die sfeer van die veranderlike natuur; alles bo die maan – die streek van die eter waar die planete en sterre geleë is – was permanent en onveranderlik. Die natuurkragte het net in die ondermaanse sfeer gegeld.[3]

  1. Aristoteles, Etiek (1974) p. 357-8
  2. Stephen Toulmin, Night Sky at Rhodes (1963) p. 38 en p. 78
  3. C. C. Gillespie, The Edge of Objectivity (1960) p. 14

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne