Ontmensliking kan as ’n gedrag of proses beskryf word wat die individualiteit van ander ondermyn. As proses kan dit as die teenoorgestelde van personifikasie verstaan word – ’n stylfiguur waar menslike eienskappe aan nielewende voorwerpe of 'n abstraksie toegeken word; ontmensliking is die miskenning van hierdie selfde eienskappe.