Ooreetsteuring (OS) word deur ooreetepisodes gekenmerk wat nie deur kompenserende suiweringsgedrag (soos geïnduseerde vomering) gevolg word nie.
Alhoewel Ooreetsteuring een van die mees algemene eetsteurings onder volwassenes is,[1] geniet hier steuring minder mediadekking en navorsing in vergelyking met anorexia nervosa en bulimie. Die steuring is eers in 2013 in die afdeling vir eetsteurings van die DSM-5 ingesluit.[2]
Ooreetsteuring word in enige bepaalde jaar by 0.8% manlike volwassenes en 1.6% vroulike volwassenes in die V.S.A aangetref.[2]