Oorlog van die Goue Stoel

Die Oorlog van die Goue Stoel was die laaste in die reeks konflikte tussen die regering van die Britse Ryk aan die Goudkus (later Ghana) en die Asjantiryk (later die Asjantistreek), ’n outonome staat in Wes-Afrika wat in voortdurende konflik met Brittanje en sy vasalstate aan die kus was. Dit was ook bekend as die Yaa Asantewaa-oorlog, die Derde Asjanti-ekspedisie en onder verskeie ander name.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne