Oorsprong van spraak

Plekke van artikulasie (passief & aktief):
1. Ekso-labiaal, 2. Endo-labiaal, 3. Dentaal, 4. Alveolêr, 5. Post-alveolêr, 6. Pre-palataal, 7. Palataal, 8. Velêr, 9. Uvulêr, 10. Faringeaal, 11. Glottaal, 12. Epiglottaal, 13. Radikaal, 14. Postero-dorsaal, 15. Antero-dorsaal, 16. Laminaal, 17. Apikaal, 18. Sub-apikaal

Die oorsprong van spraak in Homo sapiens is ʼn wyd betwiste en kontroversiële onderwerp. Die probleme is in verband met ons spesie se ongekende gebruik van die tong, lippe en stemorgane as instrumente vir kommunikasie. Ander diere vokaliseer, maar in hulle geval, word die tong nie gebruik om klanke te moduleer nie. ʼn Genoegsame teorie van Darwin behoort nie net te verduidelik hoekom mense dit begin doen het nie, maar ook in gelyke mate hoekom daar geen vergelykbare ontwikkeling oënskynlik onder ander spesies plaasgevind het nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne