Oorwinningstele van Naram-Sin | ||
![]() | ||
Beskrywing | ||
Materiaal | Kalksteen | |
Hoogte | 200 cm | |
Breedte | 150 cm | |
Skryfwerk | Akkadiese wigskrif | |
Geskep/ontstaan | c. 2250 v.C. | |
Ontdekking | ||
Datum ontdek | 1898 | |
Ontdek deur | Jacques de Morgan | |
Plek ontdek | Susa (was eers in Sippar) | |
Kultuur | Akkadiese Ryk | |
Identifikasie | Sb 4 | |
Tans in | Louvre, Parys |
Die Oorwinningstele van Naram-Sin is ’n stele uit omstreeks 2254-2218 v.C., die tyd van die Akkadiese Ryk, wat nou in die Louvre in Parys uitgestal word. Die reliëfwerk is 200 cm hoog en is uit pienk kalksteen gegraveer. Dit beeld koning Naram-Sin van Akkad uit wat ’n Akkadiese leër na oorwinning lei oor die Lullubi, ’n bergvolk van die Zagros.