| |||||
Nasionale leuse: One People One Destiny (Engels vir: "Een volk een lot") | |||||
Volkslied: Oos-Afrikaanse Gemenskap-himne | |||||
![]() | |||||
Hoofstad | ![]() | ||||
Grootste stad | ![]() | ||||
Amptelike tale | Engels, Frans, Swahili[1] | ||||
Regering • Voorsitter van die vergadering
• Voorsitter van die raad • Sekretaris-generaal |
Interregeringsorganisasie![]() ![]() ![]() | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Stigting • Ontbinding • Herstigting |
1967 1977 7 Julie 2000 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
5 448 023a km2 (7de) 2 103 493 myl2 4,14 | ||||
Bevolking - 2022-skatting - Digtheid |
321 764 652a (4de) 59,06 / km2 (–) 152,97 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
MOI (2019) | ![]() | ||||
Geldeenheid | 8 geldeenhedeb (– )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
WAT / SAT / OAT (UTC+1 / +2 / +3) nie toegepas nie (UTC) | ||||
Internet-TLD | geen | ||||
Skakelkode | + | ||||
a As 'n enkele entiteit. b Sal deur die Oos-Afrikaanse sjieling vervang word. |
Die Oos-Afrikaanse Gemeenskap (Engels: East African Community; Frans: Communauté d'Afrique de l'Est; Swahili: Jumuiya ya Afrika Mashariki) is 'n interregeringsorganisasie bestaande uit agt lande in die Groot Mere van Afrika-streek in Sentraal- en Oos-Afrika: Burundi, die Demokratiese Republiek die Kongo, Kenia, Rwanda, Somalië, Suid-Soedan, Tanzanië en Uganda. Salva Kiir Mayardit, die Suid-Soedanese president, dien tans as voorsitter van die Oos-Afrikaanse Gemeenskap. Die organisasie is oorspronklik in 1967 gestig, in 1977 ontbind en op 7 Julie 2000 herleef.[4] In 2008, ná onderhandelinge met die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en die Gemeenskaplike mark vir Oos- en Suider-Afrika (COMESA), het die Oos-Afrikaanse Gemeenskap ingestem om 'n vryhandelsgebied tussen al die lidlande van die drie organisasies te stig. Die Oos-Afrikaanse Gemeenskap is 'n integrale deel van die Ekonomiese Gemeenskap van Afrika. Die hoofkwartier van die Oos-Afrikaanse Gemeenskap is in Arusha, Tanzanië, terwyl die digsbevolkte stad Nairobi, Kenia, is.
Die Oos-Afrikaanse Gemeenskap is 'n moontlike voorloper in die stigting van die Oos-Afrikaanse Federasie, 'n voorgestelde federasie van sy lede in 'n enkele soewereine staat.[5] In 2010 het die Oos-Afrikaanse Gemeenskap, ten einde van 'n gemeensame geldeenheid en dalk 'n volle politieke federasie, sy eie gemeensame mark vir goedere, arbeid en kapitaal in die streek gestig.[6] In 2013 is 'n protokol onderteken waarin hulle hul planne vir die stigting van 'n monetêre unie binne tien jaar uiteensit.[7] In September 2018 is 'n komitee gestig om 'n streeksgrondwet op te stel.[8]