Vlag van die Oos-Afrikaanse krieketspan | |||||||||
Konferensie | Krieketkonferensie in Oos- en Sentraal-Afrika | ||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Spaninligting | |||||||||
Laaste wedstryd | t Kenia op Tamworth-krieketklubgrond, Engeland, 27 Junie 1986[1] | ||||||||
Internasionale Krieketraad | |||||||||
IKR-status | Voormalige lid (1966–1989) | ||||||||
IKR-streek | AKV (Afrika) | ||||||||
Internasionale krieket | |||||||||
Eerste internasionale | t Nieeuropese Suid-Afrikaners in Nairobi, Kenia; 13 September 1958 | ||||||||
Internasionale eendagwedstryde | |||||||||
Eerste EDI | t Nieu-Seeland op Edgbaston, Birmingham; 7 Junie 1975 | ||||||||
Laaste EDI | t Engeland op Edgbaston, Birmingham; 14 Junie 1975 | ||||||||
| |||||||||
Krieketwêreldbeker-verskynings | 1 (eerste in 1975) | ||||||||
Beste uitslag | Groepfase (in 1975) |
Die Oos-Afrikaanse krieketspan (Engels: East Africa cricket team) was ’n krieketspan wat die lande Kenia, Tanzanië, Uganda en Zambië verteenwoordig het. Oos-Afrika was dus een van die “nasionale” krieketspanne wat spelers uit meer as een land ingespan het. Hul eerste wedstryd was teen ’n Nieeuropese Suid-Afrikaanse span in 1958. Oos-Afrika het aan die Krieketwêreldbeker 1975[4] en die IKR-Trofeë in 1979, 1982 en 1986 deelgeneem. Tydens die laasgenoemde twee toernooie het Kenia op sy eie deelgeneem, waardeur Oos-Afrika as ’t ware Uganda, Tanzanië en Zambië verteenwoordig het.
Oos-Afrika was van 1966 tot 1989 ’n geassosieerde lid van die Internasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) en is deur die Oos- en Sentraal-Afrikaanse krieketspan vervang.