Ooskuskreef | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Infraorde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. homarus
|
Binomiale naam | |
Panulirus homarus | |
Subspecies [2] | |
| |
Sinonieme [3] | |
|
Die ooskuskreef (Panulirus homarus) is 'n Stekelkreef wat in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan voorkom; meer spesifiek aan die kus van Oos-Afrika, suidwaarts tot by die Oos-Kaap. Die kreef se kleur varieer van bruin tot baksteenrooi met fyn, klein wit kolletjies op. Daar is ook helder blou en groen merke op die kop. Die karapaks is doringagtig en daar kom twee skerp horings tussen die oë voor.
Die seedier leef in skeure en gate op koraalriwwe in water wat 1 tot 15 m diep is; hulle is egter ook al op dieptes van 90 m gevind. Hulle leef in groepe saam en kom meestal snags uit om te vreet. Hulle is omnivore wat vis, weekdiere (veral mossels), wurms, skaaldiere en sommige plante vreet. Hulle is al gesien waar hulle as aasdiere optree.
Die seedier word 25 cm lank en die stert is geskulp. Die ooskuskreef is 'n beskermde spesie.
{{cite web}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)