Oostenrykse Duits Österreichisches Standarddeutsch, Österreichisches Hochdeutsch | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˈøːstɐraɪ̯çɪʃəs ˈʃtandartdɔʏtʃ] (of [-ˈstan-]), [ˈøːstɐraɪ̯çɪʃəs ˈhoːxdɔʏtʃ] | |
Gepraat in: | ![]() | |
Gebied: | Sentraal-Europa | |
Totale sprekers: | onbekend | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Hoog-Duits Oostenrykse Duits | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ![]() | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | — | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die taalkundige term Oostenrykse Duits verwys na die standaardvariëteit van Duits in Oostenryk. Hieronder val sowel variëteite van Duits wat eie is aan streke van Oostenryk of die hele land, mits hulle as deel van die standaardtaal beskou word, asook taalvorme wat met aangrensende gebiede in Duitsland, Switserland en Suid-Tirol gedeel word.[1]
Oostenrykse Duits deel baie kenmerke met Oud-Beiere (van waar Oostenryk oorspronklik gekoloniseer is) en Suid-Tirol wat eers ná die Eerste Wêreldoorlog van Oostenryk afgeskei is. Die huidige Oostenrykse deelstaat Vorarlberg vorm 'n uitsondering aangesien dit by die Alemanniese dialekgebied behoort (vroeë setlaars het uit dié streek gekom) en sodoende taalkundige ooreenkomste met Alemanniese Switserland en Suidwes-Duitsland toon.