'n Opgestopte speelding is 'n speelding van 'n sagte materiaal wat met 'n sponsagtige materiaal opgestop is. Hulle is onder verskeie name bekend, soos sagte speelgoed of opgestopte diere. Die oorsprong van opgestopte speelgoed is die Steiffmaatskappy van Duitsland in die laat 19de eeu, en hulle het gewild geword ná die ontwerp van die teddiebeer in 1903 in die Verenigde State. Terselfdertyd het die Duitse speelgoedontwerper Richard Steiff 'n soortgelyke beer ontwerp. In 1903 was Peter Rabbit die eerste gepatenteerde opgestopte speelding wat van 'n fiktiewe karakter gemaak is. In 1921 was Christopher Robin se opgestopte speelding wat sy pa, A.A. Milne, vir hom gegee het die inspirasie vir die ontwerp van Winnie-the-Pooh. In die 1970’s het die wȇreld se oudste speelgoedwinkel, Hamleys, wat in Londen gebaseer is, die regte tot Paddington Bear- opgestopte speelgoed verkry. In die 1990’s het Ty Warner die Beanie Babies ontwerp: 'n reeks opgestopte diere met 'n plastiekpels. Hulle het bekend geraak as versamelaarsitems.
Opgestopte speelgoed is in verskeie vorme gemaak, maar die meeste lyk soos regte diere, soms met oordrewe dele of eienskappe, legendariese dierasies of spotprentkarakters. Hulle kan kommersieel of tuisgemaak word van verskeie materiale; die algemeenste opsie is 'n sagte tekstiel vir die buitemateriaal en sintetiese vesel vir die opstopping. Hierdie speelgoed word gereeld vir kinders ontwerp, maar opgestopte speelgoed is gewilde onder verskeie ouderdomme. Hulle word beïnvloed deur giere in die moderne kultuur en soms laat versamelaars die waarde van die speelgoed styg.